Home Featured Robbie Wessels vang rugbygees met nuwe komiese treffer
Featured

Robbie Wessels vang rugbygees met nuwe komiese treffer

683

Hiep Hiep Hoera! sê Robbie Wessels met sy geesvang-lied vir die Springbokke en die ondersteuners met die aanvang van die Rugbywêreldbeker in Frankryk. Dié enkelsnit is net betyds vir die eerste wedstryd van die Bokke op Sondag 9 September en Robbie hoop dat almal sommer lekker samesyn sal geniet.  

Robbie is bekend vir sy snaakse lirieke en lekker-luister-ritmens, en skets oudergewoonte weer ʼn komiese prentjie oor hoe die Bokke se ondersteuners kuier as daar ʼn wedstryd aan die gang is. 

Hiep Hiep Hoera! is uit Robbie se eie pen. Die liedjie is geïnspireer deur die opgewondenheid wat in die lug hang in afwagting vir die Rugbywêreldbeker. 

“Ek hou van geesvang-liedjies, want ek raak verskriklik begeester as dit wêreldbekertyd raak. Ek dink luisteraars gaan lekker saam sing en dans, want dit het ʼn lekker ritme en ʼn catchy koor.” 

Robbie het vertel hy dink die publiek gaan lekker dans en saam sing op hierdie lied. 

“Ek kan nie wag vir die rugby om nou te begin nie en is 100% agter die Bokke,” het Robbie vertel.  

Meer oor die kunstenaar: 

Robbie Wessels is al sedert 2002 doenig in die musiekbedryf. Hy is ook ʼn benoemde akteur bekend vir sy rol as Poena in die gelyknamige fliek, asook die reeks op kykNET. 

Robbie is ʼn plaasjapie wat lief is vir reis en om te sing vir die mense van Suid-Afrika. As hy op die langpad is en hy kry ʼn gedagte wat hom laat lag of inspireer, pen hy daar en dan ʼn liedjie daaroor. Ander mense se interessante stories inspireer ook sy lirieke. 

Hy beskryf homself as ʼn storieverteller met ʼn rasperstem. Hy is veral bekend vir liedjies soos Halley se komeet, Die leeuloop, Bobjan, Mphe di Hoenor en Sluise van die hemel

Categories

Related Articles

Five provinces. One Sheba. Which flavour will you try?

No braai is complete without a spoonful of Sheba. This rich, tomato-and-onion...

Gloot’s New Booty Beauty Routine is the Glow-Up You Didn’t Know You Needed

Move aside, flat tummy teas — there’s a new ritual in town,...

Douwe Egberts Invites Coffee Lovers to Buy, Sip, and See — Stand a chance Win a R20,000 Travel Voucher

This spring, Douwe Egberts, one of the world’s most loved coffee brands,...

One Mark, Infinite Journeys defines the essence of Newmark Hotels & Reserves

Newmark Hotels & Reserves, a specialist management company of African luxury hotels...

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news on what's trending in the world of travel, beauty, fashion, tech, finances and more.

You have Successfully Subscribed!